Laerskool Bosveld Primary Atletiek Interhuis
ADVERTISEMENT
Laerskool Bosveld Primary se atletiekseisoen het vanjaar voorgeneem om vol verrassings te wees. Die massasportbyeenkoms wat geskeduleer was vir die 19de Januarie moes weens swaar reën uitgestel word na die 23ste Januarie om op eie bodem aangebied te word. Onderwysers en leerlingraad het die wa saam ingespan en `n pragtige atletiekbaan uit die niet laat ontstaan. Ouers, leerlinge en onderwysers was uiteindelik ingenome met die sukse van die dag en daar word voortgaan beplan om elke jaar soortgelyke reëlings te tref. Die interhuis atletiekbyeenkoms wat op die 26ste Januarie plaasgevind het was natuurlik ook `n dawerende sukses. Menige atlete het op die dag gespog met hul voorbereidings voor die seisoen en hul vernuf op die baan. Minke Erasmus het weggestap met die Senior Victrix Ludorum, terwyl Kgotso Matloga gekroon is as die Senior Victor Ludorum. Die Bossie-atlete is intussen reeds hard aan die oefen vir hul volgende byeenkomste en sien uit om `n indruk te maak gedurende die seisoen.










