Laerskool Bosveld Primary Leerlingraad kamp
ADVERTISEMENT
Uitspan, ontspan en saamspan vir die Bossie-leerlingraad. Laerskool Bosveld Primary se nuutverkose leerlingraad vir 2024 het op die 27ste Januarie vertrek na die jaarlikse leerlingraadkamp te Lethabong. Danksy bekwame leerlingraadvoogde, wat ‘n propvol en leersame program georganiseer het, en Lethabong se pretlustige waterpark was dit moontlik om uitgerus en wyser terug te keer huis toe. Die Bossie leerlingraad sien uit na `n triomfantlike 2024 met baie uitdagings en ewe veel geleenthede.












