Hoërskool Nelspruit bied jaarlikse interhuis atletiekbyeenkoms aan
ADVERTISEMENT
NHS het Donderdag 20 Januarie atletiekinterhuis aangebied. Sien hier die volledige uitslae en berig.
NHS-atlete oorgehaal vir puik prestasies!
As die indrukwekkende uitslae van Hoërskool Nelspruit se jaarlikse interhuisbyeenkoms enigsins ‘n aanduiding gee van wat verderaan vanjaar van die skool se atletieksterre verwag kan word, wag daar gewis ‘n atletiekfees soos min! Die byeenkoms van Donderdag 20 Januarie, het alle verwagtinge oortref, gegewe die Covid-ontwrigting en gepaardgaande uitdagings wat die hoof gebied moes word.
Die Atheners is vanjaar die spankampioene, met veral ‘n geil oes juniors wat ruim tot die wentotaal bygedra het. Die geles (1393) is gevolg deur die Trojane (1104) en die Spartane (929). Die Trojane se dirigente is as beste van die dag aangewys, en die Spartane is met die gesogte sangtrofee bekroon.
In elke ouderdomsgroep, is daar natuurlik ‘n trofee vir die beste atleet van die dag. Vanjaar is die volgende Nellies die trotse wenners:
Meisies (Victrix Ludorum):
- m.14 – Zoë Cilliers
- m.15 – Kiara Craven
- m.16 – Zané du Toit
- m.17 – Ashley Erasmus
- m.19 – Zané Potgieter
Seuns (Victor Ludorum):
- s.14 – Menzi Shiba
- s.15 – Vaughn van Zyl
- s.16 – Ian Wood
- s.17 – André van Schalkwyk
- s.19 – Marco Capazorio
‘n Mooi oes van elf nuwe interhuis-, asook drie Nellie-rekords, getuig van die hoë standaard waar-mee vanjaar afgeskop is. Dit was veral Shanese de Clerck (3) en SA-kampioen Ashley Erasmus (2) wat in ‘n vernietigende bui was. Beide neem vanjaar in die ouderdomsgroep meisies 17 deel, en sal gewis moeilik om vele medaljes, tot op nasionale vlak, geklop word.
Ashley Erasmus
Die drie nuwe huishoudelike rekords, is die volgende:
- Ashley Erasmus (m.17): skyfwerp – 47,17m (was Shana Scott se 32,67m)
- Shanese de Clerck (m.17): verspring – 5,72m (was Zinhle Mbuyane se 5,45m)
- Shanese de Clerck (m.17): driesprong – 11,69m (was Zinhle Mbuyane se 11,61m)
Baie geluk aan die volgende atlete, wat houers van splinternuwe interhuis-rekords is:
- Menzi Shiba (s.14): 100m hekkies – 15.32 (was 15.35)
- Simoné Lourens (m.14): 90m hekkies – 15.60 (was 15.70)
- Limonie Joubert (m.14): driesprong, m.15 – 9,96m (was 9,71m)
- Zoë Cilliers (m.14): 100m – 12.91 (was 13.30 van A.Stratford, in 1978 opgestel)
- Violet Taljard (m.15): spiesgooi – 35,11m (was 32,66m)
- Rhodé Nel (m.19): 100m – 12.38 (was 12.50 van L.Parsons, in 1979 opgestel)
- Ashley Erasmus (m.17): gewigstoot – 17,71m (was 12,90m)
- Ashley Erasmus (m.17): skyfwerp – 47,17m (was 32,67m)
- Shanese de Clerck (m.17): hoogspring – 1,66m (was Thelma van Rensburg se 1,65m van 1999)
- Shanese de Clerck (m.17): verspring – 5,72m (was 5,27m)
- Shanese de Clerck (m.17): driesprong – 11,69m (was 10,85m)
Wat beslis die oog gevang het, was die vele groentjies wat hul toetrede tot NHS se trotse atletiekkrag, met stewige vertonings aangekondig het. ‘n Blink seisoen word in die vooruitsig gestel!
Prestasies is volgens ASA se 2020-tabel bepunt, wat ‘n goeie aanduiding van elke vertoning se standaard, gee. Die maksimum wat behaal kan word, is 1000 en punte bo 800 kan as nasionale gehalte beskou word, wat vir die betrokke atleet heel moontlik ‘n plek in die eindronde van daardie item kan besorg. Ashley Erasmus, reeds ‘n SA-titelhouer in skyfwerp, het Donderdag in beide gewigstoot (17,71m) en skyfwerp (47,17m) ‘n voltal van 1000 punte verwerf – voorwaar skitterende afstande, van wêreldgehalte! Benewens Ashley, spog die volgende Nellies met prestasies van 800 punte, of meer:
- Vaughn van Zyl (s.15): gewigstoot – 15,68m (869); ook skyfwerp – 51,80m (862)
- Shanese de Clerck (m.17): driesprong – 11,69m (843); verspring – 5,72m (826); en hoogspring – 1,66m (800)
- Zoë Cilliers (m.14): 100m – 12.91 (805)
- Rhodé Nel (m.19): 100m – 12.38 (813); ook 200m – 25.97 (810)
- Zané Nel (m.14): gewigstoot – 12,06m (860); ook skyfwerp – 34,04m (852)
- La-Alizia Venter (m.19): gewigstoot – 11,00m (821) * met die 4kg-gewig
Rhodé Nel
Nog atlete met vertonings wat sterk op pad na die 800-merk is:
- Ian Wood (s.16): 100m – 11.19 (756)
- Marco Capazorio (s.19): 110m hekkies – 15.28 (784)
- Ryan Venter (s.17): gewigstoot – 14,50m (792)
- Ryno Meyer (s.17): gewigstoot – 13,85m (762)
- Ruben Lorist (s.17): gewigstoot – 13,58m (750)
- Philip Vogel (s.19): skyfwerp – 38,71m (753)
- Hannes Botha (s.19): spiesgooi – 58,80m (782)
- Shanese de Clerck (m.17): 100m – 13.00 (757)
- Zoë Cilliers (m.14): 200m – 27.34 (787)
- Simoné Lourens (m.14): 90m hekkies – 15.60 (768); ook 200m – 28.04 (751)
- Rebekkah Braack (m.14): 1500m – 5:05.57 (762)
- Inge Diedericks (m.15): gewigstoot – 10,00m (757)
- Christine Venter (m.16): gewigstoot – 11,10m (793); ook skyfwerp – 32,45m (794)
- Shanré Ehlers (m.16): gewigstoot – 10,31m (759)
- Larissa Grobler (m.19): gewigstoot – 10,08m (779) *4kg-gewig
Ook die volgende vertonings, bewys dat NHS nie sommer in 2022 sy posisie as Mpumalanga se top-atletiekskool sal prysgee nie:
- Danny van Staden (s.19): spiesgooi – 52,79m
- Vaughn van Zyl (s.15): spiesgooi – 52,18m
- Vian Louw (s.14): gewigstoot – 12,26m; ook skyfwerp – 37,72m
- Marko Matthee (s.16): verspring – 6,26m
- Jordan Pretorius (s.15): hoogspring – 1,75m; ook 100m hekkies – 15.28; en verspring – 5,83m
- Hanlo Schoeman (s.15): 100m hekkies – 15.25
- Luan Steyn (s.19): 3000m – 9:51.03
- Joshua Finchem (s.15): 1500m – 4:39.00
- Ricardo Correia (s.19): gewigstoot – 12,96m
- Luke Poisson (s.17): gewigstoot – 13,14m
- Ruben Lorist (s.17): skyfwerp – 37,60m
- Kian Mouton (s.17): 800m – 2:03.72
- Marno du Plessis (s.16): 100m – 11.40; ook 200m – 23.18
- Karl Erichsen (s.17): spiesgooi – 50,67m
- Marco Capazorio (s.19): 200m – 22.81
- Kuhle Masuku (s.14): verspring – 5,48m
- Tye Habib (s.14): verspring – 5,46m
- Zané Potgieter (m.19): 100m – 13.16; 200m – 27.09; en 400m – 63.07
- Talieze Coetzee (m.16): gewigstoot – 10,05m; ook skyfwerp – 26,69m
- Ashley Erasmus (m.17): spiesgooi – 35,58m
- Charné Strydom (m.17): spiesgooi – 33,70m
- Jolanke van Zyl (m.19): spiesgooi – 36,22m (*600g-spies)
- Shiba Sithole (m.15): 800m – 2:30.09
- Hayley Cussons (m.15): 800m – 2:34.74
- Ava Oosthuizen (m.14): 1500m – 5:56.85
- Rebekkah Braack (m.14): 3000m – 12:36.12 (*wen die m.16-wedloop)
- Kiara Craven (m.15): 90m hekkies – 15.75; ook 300m hekkies – 51.87
- Zoë Cilliers (m.14): hoogspring – 1,50m
- Sylvia Barnard (m.19): spiesgooi – 32,94m
- Arili Boshoff (m.17): 100m – 13.34; 200m – 28.00; en 400m – 66.28
- Vicky van Vuuren (m.14): gewigstoot – 8,87m
- Lourica vd Merwe (m.15): gewigstoot – 9,34
- Kristen Berry (m.17): 400m – 66.12; 800m – 2:35.00
Shanese de Clerck










