Hoërskool Linden 1 ste hokkiespanne wys hul staal in Kaapstad
ADVERTISEMENT
Hoërskool Linden se 1ste-hokkiespanne het vanaf 31 Maart – 5 April die ongelooflike voorreg gehad om in Kaapstad aan die jaarlikse “Belgotex Sport Easter Hockey Tournament” deel te neem en teen die sterkste uitgekose hokkieskole in die land, asook Namibië en Zimbabwe kragte te meet.
Linden Hokkie staan geensins terug nie en kwyt hulself uitstekend van hul taak!
Die 1ste-dogtersspan eindig algeheel 20ste uit 64 skole deelnemende skole terwyl die 1ste-seunsspan, met ‘n paar naelskraap verlore, in die algehele -44 plek uit 64 deelnemende skole eindig.
Spesiale vermelding: Speler van die Wedstryd
- Karmi Müller
- Zanel le Roux
- Jene Grobler
- Franco Guelpa
- Jan-Hendrik Weideman
- Braydon du Plooy
Ons is trots om te sê dat Hoërskool Linden, as ‘n kleiner skool, dieselfde geleenthede as die grootskole vir ons leerders bied en is ongelooflik trots op elkeen van hierdie spelers!
Welgedaan en dankie aan elke afrigter en personeellid wat hierdie leerders vergesel het.


















