Hoërskool Pietersburg leerders vaar puik tydens die SA Tweekamp Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Pietersburg het puik gevaar op ’n uitdagende nasionale vlak tydens die SA Tweekamp in Oudtshoorn van 20–21 Maart.
Annè Marais – Dogters O/19
- Annè lewer ’n skitterende vertoning met ’n 7de plek en ’n indrukwekkende puntetelling van 2060.40 en dien ook as spankaptein.
Talitha van der Schyff – Dogters O/17
- Talitha eindig 33ste met ’n totale puntetelling van 1994.
Luan van der Schyff – Seuns O/15
- Luan behaal ’n uitstekende 26ste plek uit 60 atlete met ’n totale puntetelling van 2030. Spesiale gelukwensing aan Luan wat vir sy prestasie erekleure ontvang het!
Isak van der Schyff – Seuns O/19
- Isak eindig 33ste met ’n puntetelling van 1990.98.
Ons is baie trots op elkeen van julle wat ons skool se vlag hoog laat wapper!










