Hoërskool Overvaal danser presteer uitstekend by die D.T.M.A Internasionale Kompetisie
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoërskool Overvaal Mckaylee Krog-Coetzee met haar uitstekende prestasie by die D.T.M.A Internasionale Kompetisie 2026! Mckaylee het deelgeneem in die Jazz (12–14 jaar) Solo Beginner afdeling en het nie net uitmuntend gevaar nie, maar ook gekwalifiseer vir D.T.M.A Internasionale Kleure! Hierdie prestasie getuig van haar harde werk, toewyding en passie vir dans. Ons is ongelooflik trots op jou!
Hou aan groot droom en dans met jou hele hart!










