Hoërskool Montana skaakdogters neem aan die Wes-Kaap Top Skole-toernooi deel
ADVERTISEMENT
Hoërskool Montana talentvolle skaakdogters het aan die Wes-Kaap Top Skole-toernooi deelgeneem en met trots die algehele Goud huis toe gebring! Lakeisha, Anneke, Ashrique én Kirsten het boonop individueel uitgestaan en elk ’n trofee gewen vir beste spel volgens hul bordposisie, ’n prestasie wat hul besonderse talent en vasberadenheid bevestig.
Ons is ongelooflik trots op julle, nie net omdat julle die Wes-Kaap se toppresteerders is nie, maar ook omdat julle ware ambassadeurs van Montie-waardes is. Julle inspireer ons almal om groot te droom en met passie te speel.










