Hoërskool Merensky Swemgala maak golwe
ADVERTISEMENT
Die water het behoorlik gespat tydens Hoërskool Merensky se interhuisswemgala op 7 Maart. Die vier huise se swemmers het in heerlike warm weer voor entoesiastiese toeskouers aangetree om hul merk in die Plasie-swembad te maak.
Huis Aqua het die meeste punte versamel, met Huise Ignus, Terra en Ventus wat onderskeidelik tweede derde en vierde was. Huis Terra se seunspan het die meeste punte ingesamel, terwyl Huis Aqua se dogterspan die voortou geneem het. Die beste individuele seunsitem is deur Handré van den Bergh met sy 50m vryslag-item gelewer. Keira Booth se 50m vryslag-item besorg aan haar die beste individuele dogtersitem van die byeenkoms.
Jan Pretorius en Mignon Smit is onderskeidelik die junior Victor- en Victrix Ludorums. Die senior titels behoort aan Markus Theron en Larike Joubert. Die swemmers gaan nou oorwinter totdat hulle weer aantree vir die interhoërgala wat in September by Hoërskool Frans du Toit gaan plaasvind.

















