Hoërskool Martin Oosthuizen redenaar beste in die provinsie
ADVERTISEMENT
Hoërskool Martin Oosthuizen is trots op Liané Stadler, ‘n graad 9-leerder, wat deurgedring het na die finaal van die ATKV-Redenaarskompetisie in die graaden 9-afdeling. Wat hierdie prestasie nog meer merkwaardig maak, is dat Liané onvoorbereide toesprake gelewer het om haar plek in die finaal te verseker. Liané het haar afdeling in die Provinsie gewen, en sy sal nou die geleentheid kry om in Augustus aan die finaal by Goudini in Rawsonville deel te neem. Dit is ‘n reusestap vir Liané, wat reeds ‘n inspirasie vir haar medeleerders en onderwysers is.
Hoërskool Martin Oosthuizen ondersteun Liané op haar pad na die ATKV-finaal. Liané se deelname aan die ATKV-Redenaarskompetisie is ‘n bewys van die talente wat by Hoërskool Martin Oosthuizen gekoester word.
![]()










