Hoërskool Jim Fouché trap oor die wenstreep met atletiek
ADVERTISEMENT
Hoërskool Jim Fouché trap oor die wenstreep met atletiek:
HS SA’s in Germiston
11 Atlete van Hoërskool Jim Fouché gaan neem deel aan die Hoërskool SA’s in Germiston. Hulle behaal 2 x 2de plekke, 1 x 3de plek, 3 x 4de plekke, 1 x 5de plek, 1 x 6de plek , 2 x 7de plekke, 1 x 8ste plek, 2 x 11de plekke en 1 x 16de plek.
ASA SA’s in Potchefstroom
9 Atlete van Hoërskool Jim Fouché het die afgelope skoolvakansie aan die ASA SA’s in Potchefstroom gaan deelneem. Hulle presteer soos volg:
- Johaney du Toit behaal ‘n 1ste plek en verwerf dus ‘n goue medalje vir hamergooi (dogters o/16).
- Liané Gerber behaal ‘n 2de plek en verwerf ‘n silwer medalje vir hamergooi (dogters o/18).
- Sydney Oosthuizen kry ‘n 3de plek en verwerf ‘n brons medalje in die 200m (dogters o/20).
- Sydney Oosthuizen kom ook 7de in die 100m (dogters o/20).
Danell Oelofse kom 5de in die 3000m (dogters o/16). Anzelle Lombard behaal ‘n 5de plek vir hamergooi (dogters o/18) Carissa Erasmus kom 8ste in die 3000m hindernis (dogters o/20) Amoné Verwey behaal ‘n 12de plek in dogters (o/16) verspring. Zané Verwey behaal ‘n 12de plek in dogters (o/20) verspring.

Johaney du Toit

Liané Gerber

Sydney Oosthuizen

Danell Oelofse

Carissa Erasmus

Anzelle Lombard

Amoné Verwey

Zané Verwey









