Tussen sink of swem – swem hierdie Hoërskool Jim Fouché leerders
ADVERTISEMENT
Tussen sink of swem – swem hierdie Jim Fouché leerders
Die volgende Jim Fouché swemmers het aan die swem South African Regionals gaan deelneem in Port Elizabeth.
Adrian le Roux Adrian le Roux behaal ‘n 3de plek in die 50m borsslag, ‘n 3de plek in die 50m vrysslag, ‘n 4de plek in die 100m borsslag asook ‘n 1ste plek in die gemengde 4 x 100 vrysslag aflos.
Len- Douglas Mac Kay Len Douglas behaal 1ste plekke in die volgende: 100m rugslag ,100, vrysslag asook die gemengde 4x 100m vrysslag aflos. Hy kom ook 2de in die 400m vrysslag, 200m vrysslag, 50m vrysslag en die 200m rugslag. Len-Douglas is ook aangewys as die wenner in die ouderdomsgroep seuns (17-18).
Len-Douglas Mac Kay
Adrian Le Roux
Lewensredding / Swem:
Gedurende die vakansie het Jim Fouché leerders deelgeneem aan die SA Lewensreddingskampioenskappe in Port Elizabeth. Hulle presteer soos volg:
Bernard Mac Kay verwerf ‘n brons medalje asook twee silwermedaljes in onderskeidelik die see en swembad afdeling.
Len-Douglas Mac Kay verwerf 3 brons medaljes in die see afdeling. Len-Douglas wen ook die trofee vir die beste seun o.19. Len-Douglas wen ook een silwer medalje en 6 goue medaljes.
Bernard Mac Kay
Bernard Mac Kay verwerf ‘n brons medalje vir tube rescue in die see. Hy wen ook ‘n silwer medalje in de swembadafdeling. Ook wen hy ‘n silwer medalje in die swembadafdeling saam Len-Douglas Mac Kay.
Len- Douglas Mac Kay
Len Douglas wen 3 brons medaljes in die see afdeling vir die volgende items: senior mans ope water, tube rescue seuns 17-18, hardloop-swem-hardloop en seuns 17-18 opewater.
In die swembadafdeling wen Len-Douglas Mackay die volgende: Trofee vir beste seun o.19, silwer medalje in die medley-aflos en goud vir die obstacle 200m, 50 & 100m dummy carry, 100m medley rescue, 200m super lifesaver asook 100m tow and tube.
Bernard Mac Kay










