Hoërskool Jim Fouché atleet presteer puik die SA kampioenskappe in Pietermaritzburg
ADVERTISEMENT
Bertus (Bertie) Cruywagen, ‘n matriekleerder van Hoërskool Jim Fouché, het die deurgedring na die 200m mans finaal by die ASA senior atletiekbyeenkoms. Bertie hardloop in die buitebaan langs Wayde van Niekerk en kom 7de in die wedloop. Benjamin Richardson wen die wedloop en kwalifiseer vir die olimpiese spele wat later die jaar plaasvind. Volgens die huidige o.20 -mans wêreldranglys is Bertie tans sesde.

Hier is Bertie in aksie teen Neo Modibe van Central Gauteng.

Bertie hardloop in die buitebaan langs Wayde van Niekerk

Drie JF-atlete neem deel aan die senior ASA-byeenkoms. V.l.n.r : Miné Kriek, Bertie Cruywagen en Maruné Dreyer











