Merensky Landbou Akademie leerder droom op haar voete
ADVERTISEMENT
Merensky Landbou Akademie leerderSamantha Twine (graad 11) het die naweek van 20 April aan die streeksafdeling van die Suid-Afrika Internasionale Balletkompetisie in Polokwane deelgeneem. Samantha het ’n eerste plek in haar ouderdomsgroep, met ’n goue sertifikaat, losgedans en vorder nou na die internasionale afdeling wat van 14 tot 17 Julie in Kaapstad plaasvind. Hier sal sy teen China, Kuba, die VSA, Spanje, Duitsland en vele ander lande meeding. Sammy het ook in Augustus vanjaar ‘n plek in die komende Coppela junior dansproduksie van die Mzansi-dansgeselskappe gekry.












