Koffiefontein Gekombineerde Skool Klas van 2021 matriekuitslae
ADVERTISEMENT
Ons by Koffiefontein Gekombineerde skool is baie trots en dankbaar vir die 100%-slaagsyfer wat die skool die jaar bereik het. Die leerders het individueel ook goed presteer en behaal ‘n 59% matriekvrystelling. Dit kon slegs moontlik wees om met die hulp en genade van Bo en baie ure se sweet in die klaskamer en agter die boeke. Onderwysers het baie van hul eie tyd opgeoffer om gedurende naweke en na-ure matrieks te onderrig en by te staan.
![]()










