Hoërskool Garsfontein Bergfiets prestasie
ADVERTISEMENT
Die afgelope naweek het verskeie Hoërskool Garsfontein leerders aan die Ford Trailseeker MTB series byeenkoms deelgeneem. Elke leerder het met passie, energie en oorgawe opgedaag en hul beste gegee op ‘n baie warm dag! Hoërskool Garsfontein het algeheel tweede uit 50 skole geëindig – ‘n besondere prestasie vir ons skool en leerders!










