Mnr en Mej Hoërskool Cradock 2023 word in styl gekroon
ADVERTISEMENT
Op 19 April het die jaarlikse spoggeleentheid, die Theron du Plessis Mnr. en Mej. Hoërskool Cradock, plaasgevind. Met goeie musiek en mode wat ons laat terugflitse kry het na die 1970’s, was die aand ‘n groot sukses. Ons sal egter nie hierdie geleentheid kan aanbied sonder ons gemeenskap en borge nie, daarom sê ons opreg dankie vir al die ondersteuning. Die wenners van die aand was as volg:
- Mnr. Fotogenies: Juandré Duvenage
- Mej. Fotogenies: Owethu Booysen
- Mnr. Persoonlikheid: Denzell Meyers
- Mej. Persoonlikheid: Irene van der Nest
- Tweede prins: Juandré Duvenage
- Tweede prinses: Leah Hufkie
- Eerste prins: Denzell Meyers
- Eerste prinses: Nicky Paul
- Mnr. CHS: Jandré du Toit
- Mej. CHS: Kayla Goosen
















