Hoërskool Framesby tennisspelers ace die Boland
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby se top 8 het die afgelope naweek aan die Boland Landboutennisfees deelgeneem. Alhoewel dit bitter warm was, het ons seuns bitter goed gedoen. Nadat hulle vir Hoërskool Stellenbosch en Hoërskool Hugenote gewen het, het ons vir 7de en 8ste plek uitgespeel. Dit was tussen ons en Pearson vir hierdie posisie. Op die ou end het dit neergekom op die dubbels en ons het ongelukkig
14-11 verloor. Baie geluk aan Chrisstian Viljoen wat op nommer 1 onoorwonne was. Hy het die volgende skole se nr 1 gewen: Paarl Gim, Paarl Boys, Boland Landbou, Hugenote, Pearson en Stellenbosch.










