Dit was ‘n uitstekende 2023 vir Hoërskool Stellenberg tennis
ADVERTISEMENT
Dit was ‘n uitstekende 2023 vir Hoërskool Stellenberg tennis. Die Norval tennisakademie het hierdie jaar by ons aangesluit en maak reeds ‘n reuse impak op leerders se vaardighede en tegniek. Met ses splinternuwe bane staan Hoërskool Stellenberg terug vir geen ander skool en is ons opgewonde wat die res van die jaar inhou.
Hoërskool Stellenberg is baie trots om te kan aankondig dat daar hierdie jaar 11 leerders is wat hulle WP kleure in tennis verwerf het. Ilke van der Merwe is ook in die Interpro span opgeneem.

Agter van Links na Regs: Morgan Eaton, Nica de Andrade, Alida Nel, Lusché Koen, Ilke van der Merwe, Erik van der Westhuizen Voor van Links na Regs: Elen Sohnge, Juané Meiring, Stella Zwiegers, Nina Coetzee Afwesig: Antonio Filippi
Hoërskool Stellenberg het hierdie jaar sewe spanne in die liga ingeskryf. Ons eerste span dogters het baie goed gevaar en ‘n derde plek in die Premier liga verwerf.

Van Links na Regs: Alida Nel, Ilke van der Merwe, Lusché Koen, Nica de Andrade









