Hoër Landbouskool Boland tennisuitslae
ADVERTISEMENT
Die naweek van 18 – 20 Februarie het 7 van Boland Landbou se seuns, naamlik Ruben Joubert, DW Venter, Ruan Jongsma, Neil Boshoff, Estian Boshoff, Jan-Dirk Coetzee en Carlo Boonzaaier aan die Groot 5-Tennistoernooi in Nelspruit deelgeneem. In die uitspeelrondtes het hulle afgereken met onder andere Ermelo, Wilgerivier en Waterkloof. In die semi-finaal het die seuns met Garsfontein afgereken, maar ongelukkig in die finaal teen Paul Roos verloor.
Hierdie seuns het dus uitstekend gevaar en as naaswenners van die toernooi geëindig. Voorwaar ‘n spogprestasie! Nog ‘n eer het ons seuns te beurt geval deurdat hulle deur die ander skole genomineer was as die skool met die beste spangees. Spesiale melding moet ook van Ruben Joubert, ons nommer 1, gemaak word. Hy het die toernooi onoorwonne deurgegaan wat uitstekend was. Boland Landbou is trots op julle!
![]()
Ruben Joubert
Ruben Joubert, ‘n leerder in Boland Landbou, was die naweek van 4 – 6 Maart bevoorreg gewees om die Rafeal Nadal Academy Kamp te kon bywoon. Hy het in sy groep 1 ste gekom tydens die laaste dag se evaluering. Hy het ook goeie terugvoering en raad ontvang wat oor die pad vorentoe. Die kamp was voorwaar ‘n hoogtepunt met die oog op Ruben se toekoms!
Ruben Joubert










