Hoërskool Framesby Gr 12 gholfafskeidsfunksie
ADVERTISEMENT
Die gholfafskeidsfunksie is Vrydag 4 Oktober by Wedgewood gehou. Die Graad 12’s het hul pa’s die stryd aangesê en moes stert-tussen-die-bene terug huis toe. Jeandré Hattingh en Ruan Oosthuizen het beide 4 jaar vir die eerstespan gespeel en het ook hul OP-kleure
verwerf. Carla van Jaarsveldt het vir 3 jaar eerstespan gespeel en was die enigste dogter wat haar skool by die Kaapse skolegholfweek
verteenwoordig het. Ons gaan julle drie volgende jaar op die fairways mis.
![]()










