Hoërskool Framesby oudleerder gesels oor sy hoërskool jare en daarna
ADVERTISEMENT
Stefan de Klerk: Ek het in 2008 by Hoërskool Framesby gematrikuleer. Ek sal altyd die tye saam met my vriende onthou, in die klasse en op die sportveld. Jammer juf Cronje, maar rugby was my gunsteling! Ons was pelle op die veld en van die veld af. Ons het elke pouse saam gesit en krieket gespeel met ‘n skoolbank se rugleuning plank en ‘n plat getrapte blikkie. Ek het 7 sporte op hoërskool gedoen. Ek het rugby, swem, atletiek, tweekamp, landloop, nippers, biathle en 8 kamp (slegs gedoen in gr.11). Ek het provinsiale klere in 6 van die sporte verwerf (rugby, atletiek, tweekamp, landloop en biathle) en jaarliks by SA-byeenkomste deelgeneem (aan biathle, nippers en 8-kamp). Na skool het ek by PUKKE gaan studeer en ook rugby gespeel. Ek het my studies voltooi by NMU – waar ek ook
Varsity Cup rugby gespeel het.
Ek het my studies by NWU pukke begin en my Bhms graad by NMU voltooi. Daarna het ek my PGCE kwalifikasie deur UNISA vir onderwys voltooi en onlangs my kwalifikasie as ‘n PH(professionele jagter) verwerf. Vandag bevind ek myself waar ek afskeid moet neem van Hoërskool Framesby, hier waar ek meer as 15 jaar van my lewe spandeer het. Ek pak ‘n nuwe opwinding by Hoerskool Oakdale vanaf 1 Julie aan.

















