Hoërskool Framesby leerders sit hul beste vertonings voor in die Kultuursaal
ADVERTISEMENT
Op 21 en 22 Maart 2025 het ons die voorreg gehad om die Procenium Oos-Kaapse Dramakompetisie-uitdunne in die Kultuursaal te hou. Herman van der Westhuizen en Gillian Mitchell was beoordelaars en me. C. Potgieter, me. I Adendorff en me. Coetzer was die organiseerders. Daar was tussen die twee dae 47 leerders van verskillende skole wat die beoordelaars kom vermaak het met hul dramastukke. Die leerders wat gekies word, sal 4 April bekendgemaak word en gaan dan vir die volgende rondte in die Kaap deelneem.












