ATKV Tienertoneel 2025 sukses vir Hoërskool Langenhoven
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Langenhoven se drama leerders het deelgeneem aan die ATKV se jaarlikse Tienertoneelkompetisie. Die kompetisie is die oudste projek van die ATKV en kweek steeds ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders.
Ons leerders het op 29 Augustus deelgeneem in die legendariese Baxter Teater in Rondebosch, Kaapstad. Hartskelder, geskryf deur Pierre-Andre Viviers, is opgevoer deur Lynelle Geldenhuys en Adriaan Coetzer as die hoofkarakters, onder leiding van Mnr Henco Smith wat die regie behartig het. Hierdie was ‘n besonderse geleentheid en al die betrokke leerders het hulself uitstekend van hul taak gekwyt!
Hoofkarakters Lynelle Geldenhuys en Adriaan Coetzer
Hoofkarakters Lynelle Geldenhuys en Adriaan Coetzer
Anandia du Plessis, Monja Stemmet, Megan Odendaal, Lynelle Geldenhuys, Adriaan Coetzer, Marlee Odendaal en Hansie Beukes
Voor: Juf. Lizelle Dreyer en Mnr. Henco Smith.
Toneelspan Hartskelder










