Hugenote Laerskool leerder vaar uitstekend op die stoeimat
ADVERTISEMENT
Hugenote Laerskool is baie trots op Ashton September (Gr. 6) wat as deel van die Paarl Warriors Wrestling Klub in George, die skool met trots verteenwoordig het. Ashton het hom uitstekend van sy taak gekwyt en deur harde werk, deursettingsvermoë en sportmangees ’n algehele 3de plek in sy ouderdomsgroep (o.13) behaal.
As verdere bewys van sy spanbydrae het hy saam met sy klub ook ’n algehele brons medalje verower. Hierdie prestasie is ’n besondere eer en ons wens Ashton baie geluk met sy uitstekende prestasie. Mag dit net die begin wees van nog vele suksesse op die stoeimat!










