Hoërskool Framesby Landloopliga 3 uitslae
ADVERTISEMENT
Landloopliga 3 uitslae vir Hoërskool Framesby Pearson 14 Mei 2025. Die derde liga het by Pearson plaasgevind. Framesby het in groot getalle opgedaag en vir die eerste keer in twee jaar al 4 ligas gewen: junior dogters en seuns, asook senior dogters en seuns. Ons is baie trots op hierdie prestasie en hoop om daarop voort te bou. Die volgende atlete het uitstekend gevaar:
- Eerste Plekke: Minke van der Merwe (do.16), Cleushey Jansen (so.16) en Dallian Oerson (so.19).
- Tweede Plekke:Jaydene Tee (do.15) en Kylie Vermaak (do.19).
- Derde Plekke: Connor Bird (so.14) en Ben Nöthnagel (so.15).
- Vierde Plekke: Minette van Zyl (do.15), Christian Theron (so.15) en Liane van der Merwe (do.16).
- Vyfde Plekke:Miané Buys (do.14), Karli Louw (do.15), Stefan Roberts (so.14), Chloe vermaak (do.19) en Niël Kruger (so.19).
Baie geluk aan die Framesby-landloopatletemet dié uitstekende prestasies.













