HS Volksrust atlete by Interhoër Landloop
ADVERTISEMENT
Op 31 Augustus het Hoërskool Volksrust se atlete deelgeneem aan die Interhoër landloop byeenkoms te Hoogenhout. Danél de Jager het ‘n 4de plek behaal by die junior dogters en Kamva Matiwane het ‘n 3de plek behaal in die senior seuns afdeling. Die senior seuns span is algeheel 2de in die liga en hulle behaal 2de plek op Interhoër. Baie geluk aan elkeen van hierdie atlete!


Kamva









