LS Rooihuiskraal atlete gekies vir SA Landloop Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Die langasem-atlete van Laerskool Rooihuiskraal het die afgelope seisoen uitblinkers opgelewer tydens die elke landloopbyeenkoms! Die seisoen het vroeg afgeskop met ‘n besige vakansie waar hul atlete regoor Pretoria aangemeld het vir oefensessies – van die Voortrekker Monument tot by Bischop Natuurreservaat…geen terrein is té groot uitdaging nie!
![]()
Selfs die landloop-afrigters het saam met die atlete deelgeneem! Daar is aan verskeie skole byeenkomste deelgeneem oor die afgelope paar weke en 11 atlete het gekwalifiseer vir die SA Landloop Kampioenskap. Trots Rooimier!









