Hoërskool Labori landloop-atlete presteer
ADVERTISEMENT
Hoërskool Labori se Landloop-atlete het by Bridge House gaan deelneem. Dit was die grootste deelname van skole die kwartaal met groepe van tot 40 atlete per ouderdomsgroep. Waiden Williams het ň 7de plek behaal vir die Senior seuns en Jordan Klinker ň 14de plek by die junior seuns. Baie geluk manne!










