Hoërskool Fichardtpark Verbruikerstudie leerders van resep tot perfeksie
ADVERTISEMENT
Die Verbruikerstudies-graad 11-leerders van Hoërskool Fichardtpark het hul vaardighede en kennis verder uitgebrei tydens die Anchor-gisdemonstrasies wat hulle bygewoon het.
Elke leerder het gisdeeg berei, geknie en laat rys om verskeie spogbrode te bak. Hulle het geleer om 4-string-vlegsels, vegetariese pizzas, gegeurde gevlegde brode en verskeie variasies van broodrolletjies te vorm en te bak.
















