Uitstekende kulinêre praktiese eksamen uitslae vir Worcester-Noord Primêre Skool
ADVERTISEMENT
Op Dinsdag, 10 Oktober, het vier van Worcester-Noord Primêrs Skool se leerders aan Cornerstone Kookskool hulle kulinêre praktiese eksamen voltooi. Die tema van die dag was “Suurlemoen.” Die leerders moes ‘n hoofgereg, nagereg of iets gebak maak. Die keuse is aan hulle oorgelaat. Ons leerders presteer as volg:
- Danelle Ferreira – 90% (Sy ontvang ook die Cornerstone boekprys)
- Madré le Roux – 87%
- Zani Häger – 90%
- Anika van Eck – 84%
Ons is baie trots op ons leerders se bobaas kookvernuf. Welgedaan, Noordjies!










