Hoërskool Bredasdorp leerders neem deel aan die Sjef van die Jaar-kompetisie
ADVERTISEMENT
Die Overberg-skole het onlangs aan die Warwick Sjefskool in Hermanus se Sjef van die Jaar-kompetisie deelgeneem. Die graad 12’s Renske Lottering, Lillian Nel en Lee-Ann Stoltz is as deel van die twaalf finaliste wat op 7 April 2025 aan die finale kompetisie deelgeneem het, gekies. Alhoewel hul nie onder die top 3 geëindig het nie, is ons steeds baie trots op hierdie drie Hoërskool Bredasdorp leerders. Hulle het dit vreeslik geniet en baie waardevolle ervaring opgedoen. Renske Lottering het egte Suid-Afrikaanse Bobotie gemaak. Lee-Ann Stoltz het heerlike Butter Chicken met Knoffel naan gemaak en Lillian Nel het ‘n interessante Kimchi Stew voorberei. Baie geluk!










