Hoërskool Ermelo staan hul man by ATKV-Debat
ADVERTISEMENT
Op Vrydag 6 Mei het sewe EHS-debatspanne te HTS Witbank aan die provinsiale uitdunne deelgeneem. Die spanne het as volg presteer:
Die juniorspan, Joshua du Toit, Karli van Schalkwyk en An-Euné van Niekerk wen teen HTS Witbank.
EHS se seniorspanne (waar elke span uit twee sprekers bestaan) wen meeste van hul rondes:
- Bea Niemand en Anzé Mentz wen teen Hoërskool Bergvlam
- Zané du Plessis en Mienke Cloete tree ook as oorwinnaars uit die stryd teen Hoërskool Lydenburg.
- Beide Luzaan Durand en Isabelle Moussier, asook Johan Strauss en Isabella Burgers wen teen Ligbron Akademie vir Tegnologie.
- Mariska van Biljon en Mariné Jacobsz, asook JF Möller en Marice de Jager verloor ongelukkig albei teen Hoërskool Nelspruit.
Die amptelike uitslae van die spanne wat deur is na die volgende ronde word DV vroeg Junie bekendgestel. Hartlik geluk aan al die debatteerders! Julle het jul woord goed gestand gedoen. EHS sien vol verwagting uit na die res van die jaar se debatskompetisies.










