Hoërskool Ermelo hou suksesvolle tennisaand
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo hou suksesvolle tennisaand. Op 13 Oktober het die Erries ’n gesellige tennisaand aangebied waar lede van die gemeenskap, asook Erries ’n baan kon borg vir ’n uur.
Tennis het geseëvier en baie spelers het hul talent op die baan ten toon gestel. ’n Heerlike atmosfeer het geheers terwyl die spelers gespeel het en dié wat nie op die baan was nie, kon heerlik om ’n braaivleisvuur saam kuier. Die fondse wat ingesamel is, sal aangewend word om meer spreiligte by die tennisbane op te rig. Die Erries is dankbaar vir elkeen wat deel was in die sukses van 2022 se tennisaand.

(vlnr): Elizma Swart, Wianke Cloete, Hennie, Ulric Badenhorst en Eben Genade

(vlnr): Rynhard Herholdt, Pieter Leibbrandt, mnr Hennie Dippenaar, Tobie Leibbrandt en Christaan Wege

(vlnr): Sulice Geldenhuys, Helené Lots, Celine Hamman en Mia Davel








