Hoërskool Driehoek leerders wys wat dit beteken om met hart en daad te leef
ADVERTISEMENT
Hoërskool Driehoek se Joshua Boys wys wat dit beteken om met hart en daad te leef! Met ’n ongelooflike gees van omgee het hulle klere ingesamel en Vrydag aan Kompas Kerk geskenk, sodat dit hoop, waardigheid en warmte aan behoeftige gesinne kan bring. Hierdie is nie net ’n gebaar nie – dit is ’n beweging van naasteliefde wat lewens raak en harte verander.
Ons is HOEKIE-trots op elke Joshua Boy wat betrokke was. Julle maak ’n verskil wat verder strek as wat woorde kan beskryf.










