Hoërskool DF Malan-blokfluitleerders woon ‘n Recorder Festival by
ADVERTISEMENT
Hoërskool DF Malan-blokfluitleerders, Inge Botha en Sandrine Steyn, het op die 22ste Oktober ‘n Recorder Festival bygewoon. Matthias Maute, ‘n Duits-Kanadese blokfluitvirtuoos, komponis en dirigent, het die simposium aangebied, in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch Konservatorium en Cape Town Baroque Orchestra.
Maute het die blokfluit, wat ongelukkig dikwels as ‘n beginnerinstrument beskou word, se moontlikhede demonstreer. Meesterklasse is aangebied en alle studente het aan die einde saam ‘n werk instudeer. Maute het op Sondag, 23 Oktober, ‘n konsert aangebied saam met CTB. Inge Botha en Sandrine Steyn was vanjaar kategoriewenners by die Tygerberg Eisteddfod en het hierdie dag baie inspirerend en leersaam gevind.












