Hoërskool Despatch gee om
ADVERTISEMENT
“Bring 67 minute in ‘n rolstoel deur en verander ‘n lewe!” Rolstoel Woensdag is APD (Association for the Physically Disabled – Eastern Cape – PE) NMB se grootste jaarlikse fondsinsamelingsveldtog, wat bewustheid van toeganklikheid vir persone met gestremdhede verhoog deur middel van ‘n interaktiewe konsep. Fondse wat ingesamel word, verskaf rolstoele aan begunstigdes binne benadeelde gemeenskappe. Die SPAR-groep het Theresa Prince as die “celebrity” vir die geleentheid uitgenooi en Evan van der Merwe het uitstekende werk gelewer om Theresa by te staan. Baie dankie vir hierdie pragtige bewusmakingskonsep waarvan Hoërskool Despatch deel kon wees.
















