Hoërskool Cradock redenaars presteer
ADVERTISEMENT
Die afgelope naweek het twee Hoërskool Cradock leerders deelgeneem aan die tweede ronde van die ATKV-Redenaarskompetisie. Liané van der Walt het in die junior afdeling gepraat en haar uitstekend van haar taak gekwyt. Ons sal beslis nog baie van hierdie jong spreker hoor in die toekoms. In die senior afdeling het Ineke van der Merwe uitstekend gepraat. Hierdie jonge dame sal beslis nog baie bereik met haar pragtige spraakvermoë en entoesiasme. Knap gedaan julle twee. Jul maak jul skool uiters trots en veral aangesien leerders van heinde en verre gekom het soos George en Oudtshoorn. CHS het pragtig vertoon en vele komplimente ontvang vir hul mooi skooldrag.

(Agter l.n.r. ) Mev. L. Le Roux & Mej. A. Malan. (Voor l.n.r) Liané van der Walt & Ineke van der Merwe.









