Hoërskool Cradock skryfster publiseer in landswye POORT kompetisie
ADVERTISEMENT
Soos elke jaar het ‘n skryfster van Hoërskool Cradock dit reggekry om te publiseer in hierdie landswye kompetisie. Mariné le Roux, graad 12 leerder van 2022 se pragtige gedig, ‘Sluk’, is opgeneem in hierdie bundel. Dit is voorwaar ‘n groot prestasie omdat sy al ‘n paar jaar agtereenvolgend hierdie mylpaal behaal. Baie geluk Mariné, jy hou steeds CHS se naam hoog. Mag jy jou studies by Maties geniet en hulle sommer wys waar Dawid sy skryfpen begrawe het.
![]()









