Hoërskool Eldoraigne leerder wenner van die Nasionale NETWERK24 Kreatiewe Skryfkompetisie
ADVERTISEMENT
Dean Els is aangewys as wenner van die Nasionale NETWERK24 Kreatiewe Skryfkompetisie. Sy pen het woorde tot lewe geroep en sy kreatiwiteit het hom tot bo laat uitstyg. Hoërskool Eldoraigne is ongelooflik trots om hierdie blink ster in ons midde te hê. ’n Ware bewys dat harde werk en verbeelding, saam groot hoogtes kan bereik. Baie geluk met hierdie besondere prestasie Dean.










