Hoërskool Bredasdorp sussies wys hul passie vir woorde en taal
ADVERTISEMENT
Malienke en Janìke van Wyk is twee Hoërskool Bredasdorp-sussies vir wie woorde en taal beslis ‘n passie is. Baie geluk aan hierdie twee talentvolle BD’s wat onlangs die volgende toekennings ontvang het:
1. Kaapstad Eisteddfod
Malienke:
- High Honours (90-95%) en ‘n goue diploma vir uitstaande prestasie vir haar Engelse kortverhaaL
- Medalje vir algehele 2de plek vir kreatiewe skryfwerk ouderdomme 16-18 jaar
Janìke:
- Honours (90-95%) vir haar Engelse gedig
2. ATKV Skryfkompetisie Thabazimbi
Malienke:
- Medalje vir algehele 1ste plek vir Afrikaanse kortverhaal.
- Medalje en trofee vir algehele 1ste plek in die Poësie-afdeling vir hoërskool leerders
Janìke:
- Algehele 3de plek en medalje vir haar gedig in die hoërskool afdeling
Die BD’s is beslis trots op julle!









