Laerskool Slot van die Paarl leerders ontvang penlisensie
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan die groep Graad 6-leerders van Laerskool Slot van die Paarl wat hul penlisensie ontvang het! Julle harde werk, netjiese skryf en deursettingsvermoë het beslis vrugte afgewerp, en hierdie prestasie is ’n bewys van julle toewyding en volgehoue inspanning. Mag hierdie prestasie vir julle ’n aanmoediging wees om aan te hou streef na uitnemendheid in alles wat julle aanpak.










