Hoërskool Bredasdorp Graad 12’s beleef MAP in Artscape
ADVERTISEMENT
Watter unieke teaterervaring was dit nie vir Hoërskool Bredasdorp gr12 Afrikaanse Huistaalleerders toe hul op 10 April die voorreg gehad het om hul voorgeskrewe drama by die Artscape teater in Kaaptad op die planke te sien nie. Adam Small se Krismis van Map Jacobs speel af in die sestigerjare tydens die gedwonge verskuiwings uit Distrik Ses na die Kaapse Vlakte.
Sosiale kwessies soos armoede, werkloosheid en bendegeweld wat steeds aktueel is, word aangespreek in dié protesdrama.Dit gee ‘n insig op die leefwyse van die ontworteldes van hierdie greep uit SuidAfrika se geskiedenis – hulle lief en leed. Die desperate hunkering na ‘n beter bestaan en die soeke na ‘n eie
identiteit en vergifnis, vorm ook deel van die deurlopende tema. Die BD’s het dit besonder baie geniet en hulle
gedrag was puik.











