Eerste plek vir Hoërskool Eldoraigne se o.14 Netbalspan
ADVERTISEMENT
‘n Eerste plek vir Hoërskool Eldoraigne by die NWU-skolesportreeks – wat ’n ongelooflike prestasie!n Welverdiende 15–11-oorwinning in die semi-finaal teen HTS Middelburg. Met die finale wedstryde wat uitgereën het, het dit beteken dat ons dogters gelyk eerste saam met Waterkloof eindig. Die skool is ongelooflik trots op elke speler se harde werk, spanwerk en deursettingsvermoë, asook die afrigters. Julle het werklik gewys wat in julle steek!










