Hoërskool Bellville Toutrek uitslae
ADVERTISEMENT
Die 4de toutrek liga-kompetisie vir dié jaar was verlede Saterdag 14 Februarie op Valentynsdag by Bellville-Suid Hoërskool aangebied. ‘n Totaal van 51 stewel en 15 kaalvoet spanne het deelgeneem. Hoërskool Bellville leerders het goed presteer en veral die nuwe trekkers wat vroeër in die jaar aangesluit het, het hul goed van hul taak gekwyt. Baie geluk aan die leerders, aanvoerders en afrigters met jul prestasies.
Uitslae van seuns as volg:
- 440kg – 5de
- 480kg A – 3de
- 480kg B – 7de
- 480kg C – 5de
- 520kg A – 1ste
- 520kg B – 5de
- 520kg C – 4de
- 560kg A – 2de
- 560kg B – 5de
- 560kg C – 6de
- 600kg A – 1ste
- 600kg B – 2de
Uitslae van dogters as volg:
- 440kg – 2de
- 480kg – 1ste
- 520kg – 2de
Uitslae gemeng (Seuns en dogters):
- 520kg – 3de










