Hoërskool Swellendam toutrek span spog met puik prestasies
ADVERTISEMENT
Op Saterdag 8 Maart het die toutrekkers van Hoërskool Swellendam vroegoggend al die pad na Kaapstad vertrek om aan die Wes-Kaap Toutrekkampioenskappe by Hoërskool Bellville deel te neem. Die 440 en 520 kg dogter-spanne het albei brons ontvang en die 520 kg gemengde span het beide silwer en brons ontvang. Geluk op al toutrekkers se puik prestasies. Swellendam wens alle sterkte toe vir die SA-kampioenskappe wat voorlê.










