Hoërskool Swellendam Toutrek gaan SA’s toe
ADVERTISEMENT
Met groot trots maak ons bekend dat Hoërskool Swellendam ‘n wonderlike span toutrekkers vanaf – September 2022 na Nederland stuur om aan die Wêreldkampioenskappe deel te neem. Die 520 gemengde span (4 seuns en 4 dogters), wat goud ontvang het by die SA-toutrekkampioenskappe, is ons spogspan. Daar is egter ‘n span van 17 trekkers saamgestel wat na Nederland sal gaan.
Al hierdie trekkers laat ons Swellies breë bors staan. Ons is trots en kan nie wag om te sien wat hulle daar gaan bereik nie. Ons bedank hulle toegewyde afrigter, Michael Lourens en wens die trekkers al die beste vir die tawwe oefensessies wat voorlê. Mag hierdie wonderlike prestasie die trekkers dra en krag gee om alles in te sit in hul voorbereiding vir die Wêreldkampioenskappe. Ons Swellies wens hul alles van die beste en ondersteun hulle met geweldige trotse gees.
Agter vlnr: N Pelser (skoolhoof), Paul Jordaan, Petrus Bouwer, Cameron Voges , Nathan Bester, Corlia Theron en Michael Lourens
Agter vlnr : Matthys Lourens, N Pelser (skoolhoof), Paul Jordaan, Petrus Bouwer, Ethan Bester, Cameron Voges, Streicher Swart, Nathan Bester, JP Gaffley, Michael Lourens (afrigter) en Corlia Theron. Voor vlnr : Chulumanco Qotyiwe, Jazlynn van Heerden, Elisha Voges, Nina van Zyl, Monique de Flamingh, Iviwe Maqekeni en Janeske de Wet
Corlia Theron










