Hoërskool Volksrust leerder skitter internasionaal met Ekspo-projek
ADVERTISEMENT
NT skitter internasionaal met sy Ekspo-projek
NT Moolman, graad 12 Volkie, neem vanaf 9 tot 12 Maart deel aan die 23ste Exporecerca Jove XXIII by die universiteit van Barcelona in Spanje. Die doel van sy projek is om “phyto-chemical” plantekstrakte in indringerplante of onkruid te gebruik om die vermorsing van vars kos a.g.v. mikro-organismes te voorkom. Ongeveer 90 EXPO projekte van regoor die wêreld ding teen mekaar mee, waartydens deelnemers deurlopend onderhoude met beoordelaars en akademici deurstaan het. NT maak geskiedenis by Hoërskool Volksrust deur ‘n 2de plek te verwerf in die internasionale afdeling en wen boonop die “Ricoh Sustainable Development”-prys vir die projek wat “sustainable development” die beste bevorder het.

NT word verder genooi deur “ESKOM EXPO for young scientists” om aan die einde van April internasionaal deel te neem aan die 41ste Beijing Youth Science Creation wat virtueel aanlyn sal plaasvind. Terselfdertyd word NT as semi-finalis aangewys in die NWU Besigheidskool se “Modiragatsi Innovation Competition” wat ook aanlyn oor 12 weke strek. Die finaal van hierdie kompetisie vind in Julie plaas. Hoërskool Volksrust is ongelooflik trots op hierdie seun en wens NT alle sukses toe vir die volgende twee kompetisies.










