Hoërskool Volksrust leerder presteer met karate
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Nathan van der Watt, graad 11-leerder van Hoërskool Volksrust , met sy uitstekende prestasie by die SA JKA Nasionale Karatekampioenskappe! Nathan het ’n silwermedalje in kumite en ’n bronsmedalje in kata verower. Hy het ook sy SA JKA Nasionale Kleure ontvang en kwalifiseer om Suid-Afrika later vanjaar by die Indo Pacific Cup in Mauritius te verteenwoordig. Ons is ongelooflik trots op jou harde werk en toewyding. Sterkte met die voorbereidings.![]()









