Hoër Volkskool swemmer neem aan die derde A-liga gala deel
ADVERTISEMENT
Hoër Volkskool swemmer Kate-Lynn Kruger het deelgeneem aan die derde A-liga gala wat te Gqeberha aangebied is. Sy vaar uitstekend en behaal vyf persoonlike bestes uit die ses items waaraan sy deelgeneem het. Sy behaal ‘n derde plek in die 100m rugslag, tweede plekke in die 100m Vryslag en die 200m individuele wisselslag. Sy behaal eerste plekke in die 50m rugslag, die 100m borsslag en die 200m borsslag.
Tydens die gala het sy ook gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Junior gala met haar 200m Borsslag. Die kwalifiserende tyd is 3:00:05 en sy wen die item met ‘n tyd van 2:58:48. Hierdie gala vind plaas 26- 30 April 2025. Baie geluk kate-Lynn! dis ‘n uitstekende prestasie!












