Hexrivier Opvoedkundige Sentrum atleet doen dit weer
ADVERTISEMENT
Philip Viljoen, Graad 5 leerder van Hexrivier Opvoedkundige Sentrum het gedurende die S.A. Atletiekkampioenskappe gehou op 20 en 21 Maart te Pietermaritzburg, vir ‘n 2de jaar in ‘n ry weggestap as die S.A. Kampioen in gewigstoot! Ons is so trots op hom en deel graag sy jaar se prestasies: By die HSSU-Byeenkoms – 1ste plek, Noord-Boland Byeenkoms – 1ste plek, Boland Byeenkoms – 1ste plek EN hy breek die rekord! By die Wes-Kaap Kampioenskappe verower hy ‘n 3de plek en kwalifiseer vir die S.A’s. By die S.A. Kampioenskappe verower hy die 1ste plek en is die S.A. Kampioen in gewigstoot vir seuns o.11!
Philip SA 2023










